Elke jaar loop baie studente se pad deur Badisa Trio se kantore tydens hulle praktiese tyd. Hulle leer of vir maatskaplike werkers of maatskaplike hulpwerkers. Ons het bietjie met Vianca Daniels, een van ons maatskaplike hulpwerk studente gaan praat en meer gehoor oor haar ervaring.
Vertel ons meer van jou studies en waar jy nou trek in jou kursus
Ek studeer maatskaplike hulpwerker deur CEFA in Wellington en is tans besig met my laaste blok. My plasing by Badisa Trio is my laaste prakties voor ek klaarmaak die 30ste Junie 2016.
Wat is jou verantwoordelikhede tydens die praktiese tyd by Badisa Trio?
Ons is eintlik hier om die maatskaplike werkers te ondersteun. Ons help met aanmeldings, doen navorsing vir die maatskaplike werkers en gee terugvoer deur verslae wat ons skryf. Ons help met admin take en soms ook met van die sake.
Wat was vir jou lekker hier by Badisa Trio?
Ek het op een van my vorige blokke in Khaylitsha gewerk maar ek het gesukkel met die taal en die kantoor daar was vreeslik besig. Mense het in cubicles gesit. Hier by Badisa Trio werk mense saam. Almal help mekaar en so word die werk gouer gedoen. Ek kry ook meer gedoen want ek kan beide Afrikaans en Engels lekker praat. Ek het selfs hof toe gegaan en ‘n saak bygewoon! Dit voel regtig of hulle omgee en die kinders wil beskerm.
Wie het jou geinspireer tydens jou studies?
In Khaylitsha het ek saam nog ‘n maatskaplike hulpwerker gewerk. Sy het so hard gewerk en so baie vir die mense beteken. Ek onthou ons was op een saak van ‘n gestremde kind. Die ma het nog ‘n jonger kind gehad by ‘n ander man en hy het die vrou geslaan. Die maatskaplike hulpwerker het so baie vir daai vrou beteken en haar so baie gehelp. Baie mense is soms lui, maar hierdie vrou het regtig alles gegee.
En nou vir die vinnige persoonlike vrae
Gunsteling kleur: verander elke nou en dan!
Gunsteling kos: enige iets, net nie snaakse kos nie.
Happy place: in my bed en in die movies!
Dankie Vianca vir al jou harde werk by die kantoor. Jy is ‘n raakvatter en ene wat net dinge gedoen kry. Ons waardeer dit vreeslik!
[/wr_text][/wr_column][/wr_row]