Badisa Trio se drie kantore het op verskeie maniere terug gegee aan die gemeenskap vir Mandela dag.

Badisa Trio Bellville het ‘n skenking van sop en brood ontvang van Sanlam Investments (Ubuntu Cares). Dit was ‘n groot voorreg om hierdie skenking te kon gee aan MES Safe Space. Die Badisa Trio Bellville kantoor het die skenking persoonlik gaan aflaai by MES se kantore in Bellville.

Badisa Trio Kraaifontein het vir ‘n middag gaan help by Jesus in Aksie se sopkombuis in Brackenfell. Daar het die span vir ongeveer 80 hawelose persone ‘n warm bakkie stampmielies en vleis, ‘n boksie proteïen melk en ‘n muesli stafie uitgedeel.

Badisa Trio Scottsdene het Mandela Dag op 17 Julie 2020 gevier. Die personeel het in Madison hof sop en broodjies uitgedeel, gevolg deur speelgoed en komberse. Madison hof het gedurende inperkingstyd minimaal hulp ontvang en is die afgelope tyd blootgestel aan baie geweld wat dit soms onmoontlik maak vir die inwoners om na punte te beweeg om voedsel te gaan kry. Dit was wonderlik om ‘n bietjie hoop te kon deel met inwoners in die area.

Scottsdene kantoor het ook hierdie geleentheid gebruik om vir die kinders sekere aspekte van die kinderwet te leer.

Badisa Trio is dankbaar vir elke donasie wat hierdie uitreik moontlik gemaak het. Wanneer organisasies en gemeenskappe hande vat kan ons ‘n positiewe verander maak.