Badisa Trio Kraaifontein het ons eerste Princess Project gehou op Vrydag 7 Oktober 2022 met 18 tiener prinsesse.

Die tema vir die dag was “you are worthy” en elkeen van ons is ‘n prinses, ongeag ons omstandighede.

Daar was gelag, gedans, geluister en geeet tydens die spog geleentheid.

Ons wil graag die volgende bedankings doen wat hierdie projek ‘n sukses gemaak het:

·NG Kerk Peerless Park Noord vir die saal wat hulle vir ons beskikbaar gestel het.
·Thea Swan, Careen Aggenbacht en EzamaZulu Confectionery wat ons voorsien het van die heerlikste eetgoedjies.
·T&T Décor & Hiring wat dit moontlik gemaak het vir ons om die tafels mooi te versier.
·Werner Waries van Departement van Gesondheid wat met die prinsesse gedeel het oor die belangrikheid van hygiene.
·Nikita Thomas vir die foto’s en die inspirerende toepsraak tydens die geleentheid.
·Maritza Simon vir die mooi dans item
·Mev Mitchelle vir die leen van die prinses rokke.
·Adv. Nicole Harris vir die borg van die 20 krone.


Ons het die geleentheid afgelsuit met Lyfie van Bernice West, met die volgende woorde:

Lyfie

“Die Here het my mooi gemaak
Hy het my baie baie mooi gemaak”