Het jy al ooit gevoel dat jy met iemand moet praat wat jou kan verstaan, na jy trauma beleef het? Dan kan jy dalk jouself inleef waardeur Kobus gaan.
Kobus is ‘n 14-jarige seun wat al baie trauma in sy lewe ervaar het. Sy gesin bestaan uit homself, ‘n tweeling met spesiale behoeftes, en nog twee ander broers en susters. Sy ma is ongelukkig baie skielik oorlede in 2019. Sy was nog een dag daar en die volgende dag weg. Kobus en sy sibbe is in 2023 verwyder uit die sorg van hulle biologiese pa en sy nuwe vrou nadat vroeëre ingryping deur maatskaplike werkers nie gehelp het nie. Hy en die tweeling is toe in die pleegsorg van hulle tante geplaas.

Dit gaan tans nie so goed met Kobus nie. Sy gedrag het erg verswak, en hy veroorsaak baie konflik in die pleegouers se huis. Hy wil ook nie sy insulien-inspuitings neem nie, al is hy ‘n diabeet sedert hy ses jaar oud is. Kobus stuur ook baie lelike boodskappe vir ander kinders in sy graad en hy is gevang terwyl hy “vape”. Hy het nog nooit enige terapie ontvang nie. Die pleegma sê sy kan sien Kobus het baie woede en kwaad binne in hom. Ons wil hom dus stuur vir terapie sodat hy ‘n veilige spasie kan kry om te gesels oor sy emosies en wat binne sy brein en hart aangaan. Ons voel die trauma wat hy beleef het in sy lewe, was nie deurgewerk nie.

Kobus moet gaan vir 8 sessies wat R580 per sessie kos. Altesaam gaan dit R4640 kos om vir hom hierdie nodige agt sessies te voorsien. Indien jy ‘n bydra kan lewer, sal ons dit baie waardeer.

Kontak asseblief Sjean by info@badisatrio.co.za of 021 987 2940. Jy kan ook vinnig ‘n aanlyn donasie maak via Yoco, kliek hier.

Gebruik asseblief die verwysing: Kobus33