totsiens elna
En so kom alle goeie dinge tot ‘n einde…………
Wat ‘n bitter soet kombinasie, maar tog ‘n werklikheid wat Badisa TRIO moet trotseer. Die rede, Elna Francke verlaat ons diens.
Elna het Badisa TRIO se speelveld sedert November 2014 kom verander. Sy het by ons aangesluit met ‘n stel vaardighede andersoortig as waaraan ons gewoond was. Gou het ons besef Elna is vir ons ‘n geleentheid. Elna is toe aangewend om projekte te bestuur wat die volhoubaarheid van die TRIO se dienslewering bevorder en “viola” wat ‘n suksesverhaal ontvou daarna.
Alhoewel ons met ‘n baie groot verlies ervaring van Elna afskeid neem sal die voetspoor wat sy vir ons agterlaat ons altyd bybly. Op Elna se nederige, vaardige, doelgerigte, passievolle en uitkoms gerigte manier het sy dinge kom vestig wat ons nie eers geweet het gedoen kan word nie. Elna se bydra het die fondasies van die TRIO kom verander en ons sal altyd hierop bly voortbou. Elna se unieke bydra projekteer ons na nuwe hoogtes waaroor ons baie opgewonde is.
Elna, ons wens jou net die beste vir jou toekoms toe. Vir ons is jy ‘n ster, so is dit net ‘n natuurlik gevolg dat ons glo jou toekoms skitter.
Elna dit is ons gebed dat jy Sy seën en genade wat op jou uitgesort is altyd as ‘n werklikheid ervaar en mag die vrede wat dit meebring jou paaie vorentoe nie net gelyk maak nie, maar ook jou siel verkwik.
Sjean Smit neem oor by Elna. Kontak haar gerus met enige navrae wat voorheen na Elna sou gaan. ssmit@badisatrio.org.za.
Sjean en Elna by Badisa Trio se kantore in Kraaifontein.