TANNIE CONNIE HUIL MET BLYDSKAP


Vir my en jou beteken groot-mensdoeke nie veel nie, maar vir Tannie Connie beteken dit die wêreld.

Ouma Connie

Tannie Connie wat haar baie swak, bejaarde, terminale siek man versorg kan weer aangaan.

Tannie Connie se storie het mense se harte aangeraak. Verskeie mense het met graagte groot-mens doeke geskenk. Een van hierdie barmhartige samaritane is ‘n besigheidsman, wat sommer dan en wan besluit het dat hulle as gesin elke maand met hul maandelikse inkopies vir Tannie Connie ‘n paar doeke in hul trollies kan gooi.

Met die aflewering van die doeke, huil Tannie Connie ophoudelik. Wat vra sy: “My kind hoeveel skuld ek vir jou?” “Tannie Connie jy skuld niks nie, iemand het dit vir jou uit hul goeie hart gegee…. en hulle sal dit graag elke maand vir jou gee” Tannie Connie huil en huil en kan nie genoeg dankie sê nie.

Met die hulp van hierdie samaritaan kan Tannie Connie haar siek man, met al haar liefde, ondersteuning en baie geduld versorg, totdat hy sy laaste asem saam met sy goeie vrou uitblaas.

Baie dankie vir elkeen wat doeke gegee het en veral vir die gesin wat dit elke maand saam met hul inkopies kan gee.
Julle beteken vir hierdie vrou iets wat vir haar en haar man ‘n leeftyd kan hou.

BAIE BAIE DANKIE!!!