GIZZIE maak harte oop….. en laat letterlik haar Pappa se hart weer klop
GIZZIE se ware verhaal het met die hulp van baie mense, ‘n gelukkige einde.
Gizzie het mense se harte oopgemaak. Mense het van orals af ingestroom wat vir haar en haar pappa gehelp met kos, komberse, ‘n plastiek kom om in te bad, skoolklere, skoolskryfbehoeftes en nog meer.
Gizzie en haar bejaarde pappa was op breekpunt, met net hul klere aan hul lywe. Nou kan hulle met almal se hulp, lekker warm slaap, kos eet, sy kan haar skool bywoon (waarop sy so trots is), leer en lekker bad.
Wat hierdie storie van Gizzie so spesiaal maak is nie net dit wat die mense vir hulle kon gee nie, maar wat dit alles vir haar pappa beteken het.
Die dag waarop alles vir hulle gegee is, kon die pappa nie ‘n word deur al sy trane (ja ‘n man wat huil) uitkry nie. Hy sê vir sy maatskaplike werker: “Weet jy wat…… die oggend voordat ek deur julle deure geloop het…..was die dag wat ek heeltemal moed wou opgee….. Gizzie verdien beter en ‘n beter pa…… met julle hulp het ek net weer besef dat mense omgee…… dit gee vir my moed om aan te gaan en my kind met julle hulp te versorg”.
Ons wil hiermee vir elkeen se oproep, e-pos, geldjies, alles wat julle gegee het en die meeste van als, die hoop en liefde waarmee julle dit gegee het, BAIE BAIE DANKIE Sê!! Sonder julle hulp kan ons nie die werk doen wat ons doen nie, sonder julle kan ons nie vir mense weer hoop gee nie, sonder julle kan ons nie pappa’s wat op breekpunt is, help om sy dogtertjie verder met al sy liefde en deurnis te versorg nie.
WEEREENS BAIE BAIE DANKIE!!
Julle sal nooit weet hoe baie dit vir iemand en veral vir hierdie gesin beteken nie.