Dankbare ouma sê dankie vir hulp
Onlangs het ons 2 kindertjies, 3 en 7mnde, by hul paterne ouma en oupa geplaas. Die ouers is albei werkloos (pa werk af en toe), albei ouers misbruik dwlems, mamma is met TB gediagnoseer, en die betrokke kinders het nou ook TB (ouma het hulle laat toets en hulle is huidiglik op behandeling hiervoor). Mev. Britz (die ouma) het ingestem om die kinders te versorg totdat ek hulle amptelik by hulle in pleegsorg plaas. Ek is tans besig met die verslae vir die pleegsorg plasing.
Die kinders is huidiglik nie in veilige sorg nie en kan ek dus nie vir veiligheidsgelde aansoek nie. Ons het die gesin sover met melk, doeke en kos gehelp. Indien moontlik, help ons assbelief met melk, pap, babadoeke en klere vir die betrokke kinders. Die doeke en melk is net vir die baba.
‘n Dankbare Mev Brits het ‘n baie mooi brief gestuur aan die Scottsdene kantoor, sien hieronder haar mooi dankie.