Louise Coetzee is een van ons pleegmammas, met ‘n hart so groot soos ‘n hotel as dit by kinders kom. Hulle is ‘n groot gesin. Sy en haar man, Frans kyk na hulle eie kinders, aangenome Ziyanda en ook Zaney in pleegsorg.

Die storie van Prinses Zizi het begin as ‘n droom en n visie van Louise om die verwarring wat so dikwels by pleegkinders en veral aangenome kinders bestaan aan te spreek. Die boek handel oor vrae soos: “wie is ek regtig” en “waar pas ek in” en help om elke kind spesiaal te laat voel.

Die opsomming op die agterblad maak dit alles so duidelik. Louise skryf as volg:

“Hierdie is ‘n ware verhaal van die pad wat ons gestap het om Ziyanda huis toe te bring. Die doel van hierdie boek is om van die wonderbaarlike liefde van God te getuig. Deel van hierdie getuienis is hoe dat Hy vir elke kind ‘n spesiale roeping het en hoe julle, as dapper ouers, Sy roep stem gehoorsaam om die toekoms van hierdie kind verewig tot Sy glorie te verander.”

 

Die boekie is beskikbaar in Engels of Afrikaans en kan direk by Louise bestel word: Louise.coetzee252@gmail.com