Ek weet my mamma en pappa is lief vir my, maar die tannies sê dat hulle nie baie mooi na my kyk nie. Daar is party dae wat hulle nie regtig na my stories luister nie (ek dink nie hulle is die beste stories nie) maar dis oukei. Ek weet nou al hoe om my eie toebroodjies te maak, en ek onthou amper elke dag om my tande te borsel. Ja, Mamma en Pappa het my al so paar keer by die skool vergeet, maar daar is partykeer maatjies wat saam met my huis toe kan stap. Soms kuier ons by hulle huis, en dan is ek sommer weer terug by die huis voor en mamma en pappa daarvan weet! Dis ek en my maatjies se geheim.

Die tannies dink ek moet met ʼn ander oom gaan gesels oor my stories en hoe lekker my toebroodjies is, maar Mamma en Pappa kan dit nie bekostig nie. Ons kort R1500 (dis ʼn spesiale prys wat die oom vir ons gereël het; ek dink hy wil baie graag my stories hoor!)

Kan jy vir 11 jarige Jurie* help met die nodig fondse vir sy assesering? Kontak asb vir Sjean Smit by info@badisatrio.co.za.

*Naam van kind verander | Foto van pexels.com