Dis wonderlik om te sien hoe ʼn kind floreer. Na ʼn paar moeilike jare kan ons regtig sê dat onse Jana* ten spyte van dit alles ʼn sukses van haarself gemaak. Dis so ʼn verligting want almal is maar altyd bekommerd oor Gr11! Nou is sy in matriek en haar toekoms lyk blink. Sy het so hard gewerk om hier te kom! Ons weet dat ons haar ondersteun het waar ons kon, maar dit neem niks weg van haar rol hierin nie. Maar nou het ons in nóg ʼn muur vasgeloop.

Alhoewel Jana so hard werk en ons alles doen wat ons kan om haar by te staan, sukkel dit maar altyd met die finansies. Julle weet mos hoe dit gaan. Ons wens net iemand anders kan sien hoe pligsgetrou sy haar huiswerk elke dag doen – die kind het ʼn droom! R600 klink vir party mense nie na baie nie, maar op hierdie stadium is dit die ding wat tussen Jana en haar toekoms staan. Haar skoolboeke is maar duur, en ons wens ons kon dit bekostig, maar daar is ook net soveel maniere om jou beursie uit te skud.

Sal julle vir Jana help om haar skoolboeke te koop? Enige finansiële bydrae tot haar boekgeld sal waardeer word!

Bankbesonderhede: Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Savings account, Account number: 9294493628, Branch code: 632005

*Naam van kind verander om identiteit te beskerm, Foto gevind op pexels.com