*Pedro is ‘n opgewekte, vrolike graad 7 seun, wat ongeag se omstandighede hard werk om akademies te presteer. Sy laerskool in Brackenfell bied jaarliks ‘n graad 7 kamp aan wat die jaar van 15 tot 18 April gaan plaasvind. Ongelukkig kan Pedro se ouers nie die kampkoste van R2800 bekostig nie.
Help ons om vir Pedro op hierdie kamp te stuur. Nie net omdat hy dit verdien na al sy harde werk nie, maar omdat ons graag vir Pedro wil sê: “Jy is waardig, en somtyds in ‘n harde wêreld is daar iemand wat omgee.”
Kan jy dalk met ‘n bydra help? Die kampgelde van R2800 moet voor 5 April 2019 betaal word.
Bankbesonderhede: Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Savings account, Account number: 9294493628, Branch code: 632005, Ref: #Pedro