Nadia* is `n pragtige 4 jarige dogterjie wat in pleegsorg is. Sy was op 2 weke oud weg geneem van haar biologiese ouers, sy is van 2 weke oud af in pleeg sorg by dieselfde gesin.

Nadia floreer met al die aandag en liefde wat sy ontvang by haar pleeg-familie. Sy het veral ‘n spesiale band met haar pleegbroer, wat 2 jaar gelede met kanker gediagnoseer is. Haar pleegbroer het hard baklei teen die siekte, en klein Nadia het sy stryd aanskou vol hoop dat hy sou wen. Ongelukkig is haar pleegbroer vroeg 2019 oorlede.

Dit is swaar tyd vir hierdie wonderlike familie. Alhoewel Nadia se pleegmamma haar probeer voorberei het om afskeid te neem, sukkel Nadia om dit te verwerk en die woorde te vind vir haar emosies. Hierdie negatiewe ervaring het ‘n baie negatiewe inpak op haar gedrag en algemene welstand.

Ons wil graag vir Nadia help om haar emosies te verwerk op ‘n gesonde manier deur haar vir 8 terapie sessies te stuur. Badisa Trio is geseën met ‘n ongelooflike terapeut wat sessies teen ‘n afslag aanbied. Een sessie beloop ongeveer R250.

Kan jy dalk bydra vir hierdie sessies? Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Savings account number: 9294493628, Branch code: 632005, Ref: Nadia.

*Skuilnaam, foto gevind op Pexels.com