Hierdie was soos voorheen ‘n absolute spog geleentheid. Dit was Badisa Trio se 5de jaarlikse fondsinsamelings bal.

Hierdie geleentheid was weer by die asemrowende Eensgezind Onthaal Saal gehou met die uitmuntende Dr Darren Green as seremoniemeester. Die tema die jaar was Superheroes, want Maatskaplike werkers is ware helde wat daagliks seker maak dat die kinders in die gemeenskap veilig en goed versorgd is. Soos altyd, het ons gaste pragtig aangetrek volgens die tema.

Die gaste was verwelkom met ‘n glasie sherry om die winter koue te bestry, daarna was hulle bederf met ‘n 3 gang maal, met lieflike wyn van Darling Cellar wat daarby bedien was. Dr Garren Green het soos altyd die funksie seepglad laat verloop met sy ongelooflike persoonlikheid. Daar was ook gelukkige trekkings deur die aand vir die gaste.

Daarna was Appie Maritz, ‘n profesionele afslaer van BKB aan die woord, waar daar R52 000 ingesamel is tydens die veiling van 16 lotte. Die gaste het ook gedurende die aand “pledges” en debiet order vorms ingevul, wat alles vir die kinder beskermings dienste gaan. Badisa Trio waardeer elke liewe donasie wat gemaak is daardie aand.

En toe is dit tyd om die dansskoene af te stof en die aand in te dans….

Ons sê graag dankie aand die volgende persone wat die aand moontlik gemaak het: Dr Darren Green, Eensgezind Function Venue, Goedehoop Wyn, Appie Maritz, Kilowatt AV, Franschoek wine tram, Carla van der Merwe, Rupert ans Rothschild, The Party technician, Lourens Relihan, Wilderer Gin, Steyn Schneider, Little Pink Chef, Preez designs, Marine Dynamics, Wildfried Schwabe, Groot Phezantekraal, Annie Vorster, Darling Cellar, Louw Designs, CN Photographic, Nandi de Kock, Katrolkuns en natuurlik elke gas wat die aand ondersteun het.