Katryn is ‘n 11 jarige dogtertjie wat tenspyte van haar omstandighede ‘n fantastiese positiewe houding tot die lewe het. Katryn se storie begin waar sy slegs 5 maande oud was toe sy die eerste keer in pleegsorg geplaas is. Die pleegouers se omstandighede het ongelukkig verswak, en klein Katryn hieronder gely. Sy is blootgestel aan ontoepaslike seksuele gebeure, en het selfs vir ‘n tyd op straat gewoon saam met haar pleegouer.
‘n Besorgde gesin het ingegryp en sy is reeds 5 jaar gelede in hul sorg geplaas. Tenspyte van die uitdagings as gevolg van Katryn se emotionele trauma het haar pleeg mamma en pappa hul bes gedoen om haar vertroue te wen. By haar nuwe huis het sy baie liefde en aandag geniet en Katryn het baie geheg geraak aan haar nuwe familie.
Ongelukkig is Katryn se pleegmoeder vroeer hierdie jaar oorlede. Dit het weer opnuut baie gevoelens los gemaak by Katryn. Haar pleegpappa het vir hulp kom vra, hy wil graag vir haar neem vir terapie om haar te help om hierdie emosies te verwerk. Ongelukkig met ‘n salaris minder in die huishouding kan hy nie hierdie ekstra kostes dek nie.
Ons benodig ‘n totaal van R1500 vir haar terapie sesies, kan jy dalk vir Katryn help?