Badisa Trio is geseënd met talle pleegouers wat hul huis en harte oop maak vir weerlose kinders, ten spyte van die feit dat baie van hierdie gesinne reeds finansieel swaar kry. Badisa Trio ondersteun graag ons pleegkinders met kospakkies, klere en toiletware deur die loop van die jaar, maar dit is veral gedurende vakansie tye wat ons pleeggesinne groter druk ervaar omdat hul kinders heeldag tuis is en nie middagetes by hul skool kry nie.

Ons wil graag ons pleeggesinne die Kersfees veras met ‘n spesiale kerspakkie, met nie-bederfbare produkte en lekkernye vir die feestyd. Enige bydraes sal verskriklik waardeer word.

Ons gee ‘n paar idees:

Pap, rys, blikkies kos, konfyt, grondboontjiebotter, soya maalvleis, pasta, pasta sous, “long life” melk, aanmaak koeldrank, lekkers, skyfies, springmielies, koekies, of krydernierswaar koopbewyse.

Enige kontant donasies kan inbetaal word by: Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Spaarrekening no: 9294493628, Tak kode: 632005, Verwyssing: KersPleeg

Alle skenkings moet asb teen 10 Desember by ons kantore afgelaai word, maar ons sal enige tyd donasies kom oplaai, kontak Sjean Smit vir meer inligting by info@badisatrio.co.za of 021 987 2940.