Salome* was baie verwaarloos toe sy uit haar ouers se sorg verwyder is. Sy moes reeds van ‘n baie jong ouderdom leer om na haarself te kyk. Nou as ‘n 16 jarige sukkel Salome om volwassenes te vertrou en leiding te neem van haar pleegouers. Sy glo dat sy steeds vir haarself moet sorg, ten spyte van haar pleegmoeder se pogings om haar vertroue te wen.

Salome sukkel met depressie en kry verskriklike angs wat veroorsaak dat sy somtyds nie eers uit die bed wil opstaan nie. Sy is tans op medikasie, maar die Dokter het aanbeveel dat sy ook intensiewe terapie moet ontvang. Hierdie terapie sal haar help om te leer om weer mense te vertrou, en lewensvaardighede leer om te help met die dag-tot-dag lewe van ‘n tiener.

Badisa Trio wil graag vir Salome ondersteun en vir 6 terapie sessies betaal. Die koste vir hierdie sessies sal R2400 wees. Kan jy ons help om vir Salome vir hierdie sessies te stuur?

Enige bydraes kan gemaak word met die verwysing: Salome16

Bankbesonderhede: Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Spaarrekening no.: 9294493628, Tak kode: 632005

*Skuilnaam, foto op pexels.com gevind.