Badisa Trio is ‘n kinderbeskerming organisasie wat daarna streef om nie net kinders te beveilig nie, maar ook werklik ‘n verskil te maak in die lewens van die hele familie.

Ons is altyd verheug wanneer ons die geleentheid het om kinders terug te plaas by hul biologiese ouers. Ongelukkig is dit nie altyd moontlik nie, maar somtyds is daar ouers wat werklik hard werk om hul kinders terug te kry by die huis.

Die Potgieters* is een van hierdie gesinne. Boetie en sussie is tans by een van Badisa se kinder- en jeugsorg sentrums, waar hulle veilig is en die nodige terapie en ondersteuning ontvang. Tydens hulle tyd in die sentrum het hul mamma en pappa baie groot veranderings in hul eie lewens gemaak. Die ouers is ondersteun met ouerleiding en ons maatskaplike werker is van opinie dat daar ‘n veilige, liefdevolle omgewing geskep is waar hul kinders kan floreer.

Die proses van herintegrasie is ‘n sensitiewe tyd, en somtyds word intensiewe behandeling benodig om weer verhoudings en vertroue te herstel. Tydens hierdie tyd ontvang die familie “bindings terapie” sodat ons ‘n holistiese prentjie kan kry van die band tussen ouers en hul kinders. Kinders en ouers word ook saam geassesseer deur ‘n spesialis om te bepaal wat in die beste belang van die kinders is voordat terugplasing oorweeg word.

Badisa Trio wil graag hierdie gesin ondersteun, die herintegrasie proses sal ‘n totaal van 8 sessies wees met ‘n geskrewe verslag vir die hof. Die koste beloop R5300, as jy dalk hierdie familie wil ondersteun maak asb ‘n eft met verwyssing #Potfam aan: Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Spaarrekening no: 9294493628, Takkode: 632005

*Skuilnaam, foto op Pexels.com gevind.