Kamilla is ’n saggeaarde, sensitiewe jong dame wat goed presteer op hoërskool en toon potensiaal om verder te studeer na matriek.
Kamilla is wel al van kinds af in alternatiewe sorg. Haar biologiese ma kon nie haar ouerlike verantwoordelikhede opneem nie weens substans afhanklikheid, prostitusie en onstabiele behuising. Kamilla ken egter ook nie haar biologiese pa nie en het nooit die geleentheid gehad om haar onbeantwoorde vrae vir haar ma te vra nie. Dit los haar met baie onsekerheid.
Sy voel verwerp en teleurgestel deur haar ma wat vir die afgelope jare geen moeite meegebring het om haar omstandighede te verbeter nie. Dit is vir haar vreeslik moeilik om haar identiteit te vestig as jong meisie, sonder enige inligting oor jou pa en geen kontak met eksterne biologiese familie.
Sy sukkel om aan te pas in die huidige pleeggesin. Met goeie en intensiewe terapie behoort die lewensfase waarin sy haar tans bevind, suksesvol bereik te word en sal dit haar in staat stel om haar identiteit te vind. Dit sal ook bydra tot beter selfvertrou en selfrespek.
Haar huidige pleegouers kan helfte van die terapie sessies se kostes finansier.
Ons vriendelike versoek is vir jou om ‘n finansiële bydraes te maak.
Totale koste wat uitstaande is vir terapie beloop R1400 (terapie bestaan uit n totaal van 6 sessies)
Gebruik asseblief die verwysing: Kammy2
*Skuilnaam
Foto hou nie verband met die artikel nie, afkomstig van pexels.com