Badisa Trio Kraaifontein het ‘n verwysing ontvang vir mediasie rakende Peter se ouers. Mamma en Pappa het ‘n hoë konflik belaaide verhouding gehad, die kinders het later geweier om by pappa te gaan kuier en pappa het die kantoor genader sodat hy sy kinders kon sien.
Die maatskaplike werker het besluit om die kinders deel van die mediasieproses te maak, om die ‘voice of the child’ aan te hoor. Peter, wat die oudste seun is, is 13 jaar oud. Die Ma van die betrokke kind het laat weet dat Peter baie emosioneel is en by die skool geboelie word. Hy vind interaksie met ander leerlinge moeilik en die onderwysers beleef hom as ‘n aggressiewe jong seun.
Die maatskaplike werker het dit moeilik gevind om deur te dring na die seun, maar het egter vir die ouers genoem dat sy van opinie is dat ‘n sielkundige die kind moet assesseer, omdat die emosionele simptome van die kind blyk asof dit sy welstand en funksionering beïnvloed. Sy het genoem dat mediasie nie kan voortgaan as die betrokke kind nie die nodige ondersteuning kry nie.
Peter is verwys en na die eerste sessie met die sielkundige, is hy met outisme gediagnoseer. Beide ouers was albei geskok met die diagnose, maar het albei besef dat meeste van hul struikelblokke met die seun en mekaar, was as gevolg van die kind se diagnose en sy manier hoe hy die wêreld beleef en ervaar.
Die familie is verwys na die nodige ondersteuningsgroepe en professionele spanne en kan dus nou werk om hul gesinseenheid te versterk. Mediasie was egter nie meer nodig nie.
Deur die verwysing van mediasie na Badisa Trio, het Peter die nodig hulp bekom wat nodig was en hoef hy nie meer langer die lewe aan te pak sonder om “nie verstaan te word nie”.
Photo: www.pexels.com