TERUGVOER:

Bonnie is sederdien by haar nuwe huis geplaas en volgens die pleegouers gaan dit baie goed. Omdat Bonnie al so baie rondegetrek het, het sy altyd uit ‘n tassie geleef. Die pleegouers vertel dat toe hulle vir Bonnie vertel dat sy haar tassie kan uitpak in HAAR kamer en HAAR kas was die vreugde op haar gesiggie onmisbaar. Sy het gevra waar sy die tassie moes bêre, en haar pleegma het vir haar gesê dat hulle kom kan weggooi omdat sy nou haar eie kas het en nie weer kaan trek nie. Sy het volspoed af die gang gehardloop en haar tas in buite drom gaan gooi.

Baie dankie vir die bydrae wat julle gemaak het in klein Bonnie se lewe, so bietjie vir bietjie help ons haar om weer veilig en geliefd te voel- sonder julle sou dit nie moontlik wees nie.

BONNIE SE STORIE:

Bonnie* is ‘n 4 jarige dogtertjie wat in haar kort lewe al soveel kere geskuif moes word,  vanwee haar ma se nomadiese leefstyl en drank afhanklikheid- en elke keer nie weet hoelank sy op ‘n plek gaan bly nie of wie haar ‘ma’ nou gaan wees nie. Sy is die oudste dogtertjie van haar biologiese ma en haar jonger boetie en sussie is reeds in pleegsorg geplaas. Sy gaan ook uiteindelik na haar huis toe (pleegouer huis) waar sy ook pleegouers gaan kry wat vir haar baie lief is en sal beskerm. Sy is ongelukkig al deur baie trauma en emosionele onsekerheid wat veroorsaak dat sy nie meer mense vertrou nie en sukkel om te bind, sy kry ook gereeld nagmerries oor haar verlede.

Ten einde die pleegsorgplasing te laat slaag, benodig klein Bonnie terapie om haar te help deur alles werk wat met haar gebeur het en dat sy nou net ‘n gelukkige dogtertjie kan wees en nie meer hoef te bekommer waarheen sy volgende gaan nie. Die Maatskalike Werker het ook nodig dat sy geassesseer word om te bepaal waardeur sy al alles in haar lewetjie is om die kinderhof saak te staaf.

Assessering en terapie beloop as volg:
Assessering en verslag: R 1600 + Terapie: 3 sessies: R 900 = Totaal: R 2100

Kan jy dalk ‘n bydra maak om Bonnie te help?

Bankbesonderhede: Badisa Trio Fondswerwing, ABSA Savings account, Account number: 9294493628, Branch code: 632005

*Naam van kind verander om identiteit te beskerm, Foto gevind op pexels.com