*AB is ‘n dertienjarige seun wie se moeder sedert 2017 in die tronk is weens dwelmsmokkelary. Hy het baie selde telefoniese kontak met haar. Sy biologiese vader het nog nooit met hom kontak gehad nie. Hy het ‘n materne tante wie se inkomste so klein is dat sy nie na om kan kyk nie – hy wil graag by haar bly, maar sy het die die ruimte (sy huur ‘n kamer in ‘n huis) of finansies om na hom om te sien nie – sy maak egter gereeld kontak met hom. AB voel baie alleen en “weggegooi”. AB vorder goed op akademiese gebied, maar hy het nie maatjies by die skool nie, hy huil dikwels by die skool en word daaroor gespot en geboelie. AB is ‘n beleefde vriendelike kind. Hy word tans op privaatreëling deur ‘n gesin versorg wat fisies goed na hom omsien, maar glad nie ag slaan op sy emosionele behoeftes nie. Dit is duidelik dat AB baie hartseer, vrese, bekommernis en ongelukkigheid in hom ronddra en dit is noodsaaklik dat hy geassesseer word en die nodige terapie kry.
Die assesering en terapie verloop R4,500. Dit sal hoog op prys gestel word indien u ons kan help om hierdie jong seun te help voordat hy weens die seer in sy lewe negatiewe gedrag begin openbaar.
Enige finansiële bydra kan gemaak word by:
Name of account: Badisa Trio Fondswerwing
ABSA Savings account
Account number: 9294493628
Branch code: 632005
*Skuilnaam, Foto op Pexels.com gevind.