Kinderbeskermings week 2019
Kinderbeskermings week 2019 was ongelooflik. Die drie kantore het verskeie projekte aangepak in die gemeenskap ter bewusmaking van kindermishandeling en verwaarlosing. Een kantoor het ‘n praatjie gelewer by Good Hope Christian Center om opvoeders bewus te maak van kindermishandeling en verwaarlosing en hoe om dit op die korrekte wyse aan te meld by die kinderbeskermings organisasies.
Een van die ander kantore het weer die mense by die plaaslike daghospitaal gaan bewus maak rakende kinder regte. Die drie kantore se ontvangs areas was ook verfraai met plakkate en bannier rakendes kinderbeskermings.
Tydens die week het ons ook die publiek en organisasies gevra om die kinderberskermings week projek te ondersteun deur ‘n Poppie Projek plakker te koop. Verskeie besighede soos Royale Haskoning DVH, Garden Cities, Sanlam en meer het die projek met trots geondersteun.
Vakansie Program
Badisa Trio het te same met Scottsdene Holiday Club ‘n ongelooflike program aangebied op 27 Junie 2019. Die projek het plaas gevind by Bernadino Heights. Twee van Badisa Trio se vrywilligers het die klein kinders vermaak deur hul poppekas aan te bied. Die poppekas het gefokus op goeie en slegte geheime. Die 165 kinders het dit baie geniet.
Later die dag was dit die grooter kinders se beurt. Hulle het ‘n program gehad waar hulle geleer was om mooi na jou eie liggaam te kyk. Baie dankie aan ons twee borge, Sanlam en Little Pink Chef vir die donasies van toiletware. Elke kind kon huistoe gaan die dag met ‘n fantastiese toiletware pakkie.
Poppekas
Badisa Trio is baie dankbaar vir al die vennootskappe in die gemeenskap. In die afgelope 4 weke het ons 3 poppekaste aangebied by Kings Kids Christian Educare, Scottsdene Holiday Club en Brackenfell Biblioteek se vakansie program. Kontak ons gerus indien u skool of instansie belangstel in een van ons poppekaste.