Warrant officer Jacobs het gepraat oor wat GBV is. Sy het geraak aan die Sexual Offences Act sowel as die Family Violence Act. Daar is ook meegedeel wat slagoffers kan doen wanneer hulle slagoffers is van enige vorm van geweld. Melding is gemaak van hoe belangrik dit is om sake by SAPS aan te meld. Slagoffers kan ook aantekeninge in ‘n dagboek maak van wanneer en hoe gereeld die mishandeling plaasvind.
Warrant officer Jacobs het nie net gepraat vanuit ‘n polisiebeampte se oogpunt nie, sy haarself is ‘n “survivor” van geslags geweld. Baie keer vind die mishandeling plaas deur iemand wie ons ken en dan is ons as slagoffers geneig om verskonings te maak, sonder om te dink watter impak dit byvoorbeeld op die kinders het.
Verder het Margaret Philani gepraat oor die dienste wat hulle in die Scottsdene gemeenskap bied. Hulle is ‘n ondersteuningsgroep vir vrouens en families wie slagoffers en oorlewende van GBV is.
Alicia Hoorn is van die WKOD wie ‘n maatskaplike werker in die Metro Oos Distrik is. Die skole in die Kraaifontein en Scottsdene gemeenskap val ook dus onder haar. Sy het verwys na die dienste wat WKOD binne die skole bied om geweld en mishandeling aan te spreek.
Asemahle Noyiba het die MATRIX program by Scottsdene Kliniek verteenwoordig. Sy het uitgebrei oor die buite pasiënt rehabilitasie program wat deur hulle aan die gemeenskap gelewer word. Daar is ook genoem dat die gebruik van dwelms ook ‘n impak kan het op geweld wat plaasvind.
Ons het vir Reggie B gehad wie vir ons opgetree het. Hy is van Maak My Famous.
Ons het ook geraak aan die Kinderwet 38 van 2005 omdat dit die grondslag is van ons dienslewering.