Baie dankie aan die studente, Paul en Pam, wat hul kosbare tyd by ons kantoor deurgebring het as vrywilligers gedurende hul vakansie. Hulle is van Stellenbosch Universiteit en die Universiteit van Wes-Kaap. Vrywilligerswerk gedurende die vakansie bied studente waardevolle lewens ervaring, die geleentheid om aan die gemeenskap terug te gee, en ‘n kans om vaardighede te ontwikkel wat verder as die klaskamer strek.

Hier is twee boodskappe van die studente:

👐”Ek wil net weereens baie dankie sê vir die wonderlike geleentheid wat julle vir ons gegee het om vir julle uit te help.
Julle het dit so lekker vir ons gemaak om daar te werk en ons sal definitief weer terug gaan.
Voorheen het ek nie eers geweet wat agter die deur van Badisa aan gaan nie, maar deur dit wat ek kon sien en hoor, doen julle ń fantastiese werk.
Julle het goeie harte en die wêreld het meer sulke sterk vrouens / mense nodig. Meeste mense sien net altyd die blink kant en weet nooit wat agter die skerms aan gaan nie.
Ek is net bly dat ek kon sien dat daar nog mense is wat omgee oor ander en die wêreld ń beter plek wil maak vir ons almal.”

👐”My tyd by Badisa Trio Kraaifontein was aangenaam en baie opvoedkundig. Die vriendelike personeel daar het dit vir my baie maklik gemaak om aan te pas en vinnig aan die werk te spring. Dit het my toegelaat om baie te leer oor hulle bydrae tot die gemeenskap, veral hoe hulle klerewinkel werk.
Die impak wat hulle op die gemeenskap los, is ‘n merkwaardige een en ek is baie dankbaar dat ek vir ‘n kort tydjie die geleentheid gehad het om deel te wees daarvan.
Dankie Badisa Trio Kraaifontein vir alles wat julle doen vir die gemeenskap.”
Ons is so bly dat julle by ons gekuier het. Weereens dankie Paul en Pam!