Ons neem ‘n oomblik om die lewe van ons voormalige kollega, Juanita Beukes, te eer. Haar toewyding en deernis het ‘n blywende impak gelaat. Haar werk in kinderbeskerming sal ons steeds inspireer terwyl ons vorentoe beweeg in ons missie. ‘n Paar oud kollegas skryf:

“Jy het jouself vir ander gegee
Met liefde en deernis so onbegrens
Onbaatsugtig en passievol het jy geleef
en jouself gegee vir elke mens

Jou nalatenskap is geneesde siele
en harte wat weer kan glo
in die krag van omgee en prysgee

Ons kan jou stem steeds hoor.
Dit spreek met kennis en insig
wat die diepste donkerte kan verlig.

Rus nou sag in die vrede wat jou omhels
Omvou deur die beloning vir ‘n lewe vol lig
Weg van die seer en gebrokenheid
Wat jy so dikwels moes aanskou
En die donker wêreld wat jy vreesloos moes aandurf
Om aan die kwesbares hoop en krag te onthul

Rus nou sag in jou skepper se arms
Hy wat die lewe vrylik gee en na die ewigheid laat terugkeer

Laat hom toe om elke traan af te vee
En elke pynlike gedagte te genees
Totdat net vreugde in oorvloed ewig voortleef” – Jacques Voigt, Oud Kollega

————–

“Ek treur – dit is tragies. Juanita, jy sal altyd by Badisa onthou word as ‘n passievolle, hardwerkende bestuurder. Jou ewige bron van ervaring en kennis, wat jy vrylik gedeel het, sal gemis word. Jou werksetiek was en bly ‘n inspirasie. Jy het ‘n groot verskil gemaak in die lewens van baie kinders, kliënte en kollegas.

Jy het my en Macaela deur diep slote in my lewe gedra, gehelp, ondersteun en geïnspireer. Jy is ‘n legende.

My innige medelye aan Pieter en familie.”

– Dawn van Wyk, Oud Kollega

————–

“My liewe Juanita, vandag los jy nie net ‘n leemte in my hart as my Maatskaplike werk Mamma nie, maar ‘n bitter groot leemte in Badisa en in die professie.

Ek het altyd gesê ek wens ek kan net al jou kennis “download”, want dit mag nooit verlore gaan nie.
Jy het my vertrou as ‘n paar dae oue Maatskaplike werker, vars uit die Universiteit en my alles moontlik geleer tot waar ek vandag is.
Jy is die mens wat die vinnigste kon tik op jou laptop, terwyl jy luister en nog kan antwoord ook terselfdertyd.
Jy moes altyd op ‘n tafel staan om te verduidelik van “birds eye view” van sake kry.
Jy het altyd gewaarsku dat kliënte jou nie aan die neus lei nie, jy moet altyd “konstabel hond se gedagtes” hê.
“Etter oog” sal altyd aan jou behoort.
Jou “more more” in die gang in die oggend sal altyd in my gedagtes bly.
You always had our backs.
Niemand kan so baie sout en asyn popcorn eet soos jy nie.
Wie gaan nou die foon antwoord met slegs “Beukes” en afsluit met “oor en uit”.
Rus in vrede Juanita” – Sjean Smit, Oud Kollega

————–

“Juanita was ‘n vriendelike en wonderlike mens. Sag, maar ook sterk. Tegemoetkomend, maar ook streng. Sy was ‘ n rolmodel vir my en ek het soveel respek en bewondering vir haar. My hart is stukkend. Rus in vrede, Juanita.” Diana Barendse, Oud Kollega

————–

“Somebody once said, “we came into this world as originals, and leave it as photocopies, but I would like to change those words Juanita, you came into this world as an original and left it as an original”. Thank you for having shared your knowledge and love for the profession with me. I will always remember you, rest now in perfect peace and may the Lord console and comfort your loved ones. I salute you Beukes..RIP” – Sr Dalene Kobus, Oud Kollega